+27 (0)21 913-6144 admin@owv.co.za
facilities at northern suburbs retirement village

FRAILCARE UNIT AT RETIREMENT VILLAGE NORTHERN SUBURBS

Sorgsentrum

Oude Westhof Aftree-Oord beskik oor ‘n Sorgsentrum met 38 toegeruste eenhede met voltydse verpleegpersoneel.

Sorgsentrum Info>> KLIK HIER OM DIE AFRIKAANSE BROSJURE AF TE LAAI 

diningroom oude westhof retirement village

Eetkamer

Ons het ‘n pragtige eetkamer waar inwoners op ‘n daaglikse basis ‘n driegangmiddagete kan kom geniet. Inwoners is ook welkom om enige tyd vriende of familielede in die eetkamer te onthaal.vergaderings, begrafnisse, ens.

retirement home sitting room faclilities

Sitkamer

Die Oord beskik oor ‘n ruim sitkamer met ‘n projektor en grootskerm.  Hier word musiekvertonings, byeenkomste, bidure, ens. op ‘n gereelde basis vir die inwoners aangebied.

retirement village library facilities northern suburbs cape town

Biblioteek

‘n Goed toegeruste biblioteek is beskikbaar waar inwoners boeke, legkaarte, video’s, ens. kan uitneem.

Ure:     Maandae tot Vrydae 8:00 – 16:00

retirement home clubhouse bar facilities in cape town

Kroeg

‘n Dameskroeg is beskikbaar en drankies is beskikbaar tydens spesiale funksies en sportgeleenthede.  Die kroeg se normale ure is soos volg:

Vrydae:   vanaf 17:00
Sondae: vanaf 11:30-12:30

hair salon in retirement village cape town

Haarsalon

Die haarsalon (beide mans en dames) is in die Klubhuis geleë en die haarkapster is  op Dinsdae, Woensdae, Donderdae en  Vrydae beskikbaar.

heated swimming pool at retirement home in the northern suburbs of cape town

Verhitte swembad

‘n Groot verhitte swembad is beskikbaar buite die Klubhuis en inwoners word versoek om asseblief by die reëls en regulasies vir die gebruik van die swembad te hou.

 

retirement home gym in cape town

Gimnasium

‘n Goed toegeruste gimnasium is beskikbaar op die grondverdieping van die Klubhuis.  Neem asseblief kennis dat toerusting /apparaat op eie risiko gebruik word.