+27 (0)21 913-6144 admin@owv.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Welkom by Oude Westhof Aftree-oord …

Gemaklike aftrede in ‘n rustige, veilige en mooi omgewing

Oude Westhof Aftree-oord verseker u van ‘n kwaliteit aftrede in ‘n rustige, veilige en gemaklike omgewing met die lewering van professionele gehaltediens  deur ons toegewyde personeel.  Ons beskik oor pragtige, ontwerpte 1-, 2- en 3-slaapkamerwonings asook ruim woonstelle en Hulpsorgeenhede met lieflike uitsigte oor die vallei en berge. Die Oord bied ook ‘n pragtige omgewing met watertuine en –strome wat bydra tot die rustige atmosfeer en deur u geniet kan word in u “goue” jare.

.

Omgewing

Die perfekte aftree-oord in ‘n pragtige omgewing

Die Aftree-oord is geleë teen die hange van die Tygerbergheuwels en bied ‘n lieflike uitsig oor die Tygerberg Natuurreservaat, vallei asook berge.

Die bekende Tygervalleiwinkelsentrum is gerieflik naby en daar is ook verskeie restaurante, kerke en ander kleinhandelaars in die omgewing.

Dienste

Tuindienste: Voltydse tuindienste word voorsien om te verseker dat alle tuine in die Oord te alle tye op hul beste vertoon. Indien u self ook in u tuin wil werk, is u welkom om te reël dat een van die personeellede u kan bystaan. Die tuine in die Oord is almal toegerus met sprinkelbesproeiing en aangesien die Oord die gebruik van boorgatwater het, word alle tuine op geskeduleerde tye besproei.

Instandhouding: Die Oord het ‘n toegewyde instandhoudingspan en hulle verseker dat alle wonings, paaie, ens. altyd in ‘n goeie toestand is.

Sekuriteit: Ons is daaraan toegewy om die beste sekuriteit aan die inwoners te bied wat verseker dat u altyd gemoedsrus kan hê ten opsigte van u eie veiligheid asook u besittings.

Oude Westhof is ten volle omhein met ‘n elektriese heining en stralesisteem en het beheerde toegang na die Oord (beman deur ‘n bekende Sekuriteitsfirma). Die sekuriteitsbeamptes patrolleer die terrein op ‘n daaglikse basis. Elke eenheid is ook toegerus met ‘n paniekknoppie wat verseker dat elke inwoner in direkte verbinding is met personeel in geval van nood.

facilities at oude westhof aftree oord afrikaans

Lees meer oor ons Sorgsentrum, eetkamer, sitkamer, biblioteek, kroeg, haarsalon, verhitte swembad en gimnasium.

SIEN BESONDERHEDE >>>

calendar events at oude westhof retirement village afrikaans

Ons bied ‘n wye verskeidenheid funksies en klubs, insluitend eredienste, bidure, musiekklub, filmklub en speletjies by Oude Westhof …

LEES MEER >>>

gallery images of oude westhof aftree oord retirement village afrikaans

Kyk na ons  gallerye van die fasiliteite, vriendelike personeel en sosiale geleenthede by Oude Westhof …

SIEN >>>